Herman Beukes

Herman Beukes is in 1961 in Pretoria gebore. Ná sy skoolloopbaan het hy eers vir Yskor gewerk as leerling elektrisiën. In 1979, het hy ʼn pos by die Departement van Pos en Telekommunikasie (nou Telkom SA) aanvaar. Hy is toe verplaas na ʼn klein plattelandse dorpie met die naam van Volksrust, waar hy vir agt jaar gewerk het in verskeie fasette van die telekommunikasiebedryf. In 1987 is hy verplaas na Springs aan die Oos Rand, waar hy vir 30 jaar gewoon het voordat hy weer getroud is en na Edenvale verhuis het.

Alhoewel hy lank reeds die begeerte gehad het om te begin skryf, het die gogga eers werklik gebyt nadat hy saam met Leon Meyer as medeskrywer begin werk het aan die Babilon-reeks se eerste boek, Babylon – Quest for Love. Dit was as’t ware sy vuurdoop om die proses onder die knie te kry.

So tussen die skrywery deur het Herman ook ingeskryf vir ʼn kursus in kreatiewe skryfwerk waar hy waardevolle lesse geleer het wat goed te pas gekom het met die skryf van sy eerste novelle, Meisie van Mont Blanc, wat in 2017 gepubliseer is. In 2018 is sy tweede novelle, Dag van Wraak, gepubliseer. Bloedspoor het gevolg in 2019 en Swart Diamant in 2020.

Lees meer oor Herman se boeke op sy webblad, www.beukesbooks.com.

Popular items by Herman Beukes

View all offers