Marius Nel is aangestel in die Leerstoel vir Ekumene: Pentekostalisme en Neopentekostalisme van die Eenheid vir Reformatoriese Teologie by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Hy is verantwoordelik vir navorsing oor Pinksterteologie en die begeleiding van M- en D-studente vanuit Pinksterkerke. Marius het doktorsgrade verwerf in Praktiese Teologie, Kerkgeskiedenis, die Ou Testament en Nuwe Testament. Sy belangstelling sover dit navorsing betref, sluit ook in die apokaliptiek, dogmageskiedenis van die Pinksterbeweging, asook praktiese vraagstukke binne Pinksterkerke. Marius is 'n pastoor van die AGS van SA. Hy is 'n lid van die beheerliggaam wat teologiese opleiding in die AGS bestuur, asook van die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling van die Bybelgenootskap. Hy is getroud met Mariet en hulle het drie kinders. http://tabernadei.co.za/