'n Misterieuse roman met sterk Gotiese elemente - Pippa, 'n jong, onervare en effens wereldvreemde vrouestudent, word heimlik deur 'n aantreklike ouer man bewonder en agtervolg. In 'n waas van romantiek voer hy haar tydens 'n donderstorm na sy kasteelagtige huis buite die stad, waar hy haar so vaardig verlei dat sy voorts nie die werklikheid heeltemal van die droom kan onderskei nie. Die uiteinde is dat sy nie weer teruggaan na die studentehuis waar sy en twee vriendinne woon nie, en ook die "die blonde man sonder naam" wat soos 'n bewaarengel oor haar waak, begin vermy. Want gou ruk die "die donker God" (soos Pippa en haar vriendinne na Alex verwys) se besitlikheid en jaloesie hand uit. Tot so 'n mate dat hy haar soms te lyf gaan of in sy huis opsluit. Uiteindelik trou Alex met Pippa en word daar 'n baba gebore ('n wonderlik musikaal begaafde dogtertjie), maar die tragiese einde, wat van vroeg af gesuggereer word deur die broeiende gevoel binne en buite die verhouding, volg onafwendbaar - Alex bring eers sy eksotiese kok uit Zanzibar en dan homself om die lewe.Die roman het 'n byna hipnotiese uitwerking op die leser - met ekonomie van beskrywing word 'n sprokiesagtige dog herkenbaar moderne werklikheid geskep. Tegelyktertyd word 'n donker aura rondom die romantiek en erotiek, vermeng met geweld, uitgebou.
"synopsis" may belong to another edition of this title.
Seller: Chapter 1, Johannesburg, GAU, South Africa
Soft cover. Condition: Fine. 1st Edition. The wraps are slightly shelf rubbed and marked.Internally clean.Well bound.The book is in Afrikaans.[R.K]. Our orders are shipped using tracked courier delivery services. Seller Inventory # wk97
Quantity: 1 available
Seller: Chapter 1, Johannesburg, GAU, South Africa
Soft cover. Condition: Fine. 1st Edition. Wraps are slightly shelf rubbed.Internally clean.Excellent binding.The book is in Afrikaans.[R.K]. Our orders are shipped using tracked courier delivery services. Seller Inventory # 72dy
Quantity: 1 available
Seller: Chapter 1, Johannesburg, GAU, South Africa
Soft cover. Condition: Fine. 1st Edition. The wraps are slightly shelf rubbed and marked.Internally clean.Well bound.The book is in Afrikaans.[R.K]. Our orders are shipped using tracked courier delivery services. Seller Inventory # wk96
Quantity: 1 available
Seller: ThriftBooks-Dallas, Dallas, TX, U.S.A.
Paperback. Condition: Very Good. No Jacket. Former library book; May have limited writing in cover pages. Pages are unmarked. ~ ThriftBooks: Read More, Spend Less. Seller Inventory # G1415200084I4N10