Kosmos - Softcover

 
9780624044369: Kosmos

Synopsis

Die Afrikaanse kortverhaalbundel Kosmos is veral bedoel vir gebruik in grade nege en tien. Dit kan egter wyer benut word, veral deur studente wie se huistaal nie Afrikaans is nie. Daar is ook 'n omvattende gids vir onderwysers en dosente beskibaar wat nie slegs die antwoorde op vrae verskaf nie, maar riglyne vir die beplanning en aanbieding van leseenhede bevat. Die uitgangspunt was om 'n aantal verhale te kies wat nie alleen die jong leser sal boei nie, maar ook 'n noukeuriger beskouing van die tekste regverdig. Alhoewel daar primer met kortverhale gewerk word, is 'n groot verskeidenheid ander tekste soos tradisionele volksvertellings, eietydse verwerkings daarvan, en uiteenlopende visuele tekste soos foto's, strokies, spotprente, tekeninge en skilderye ingesluit. Die benadering is uitkomsgerig en sluit aan by eietydse opvoedkundige denke. Die voorgeskrewe leeruitkomste en assesseringstandaarde van Afrikaans as huistaal, sowel as eerste en tweede addisionele taal, in grade nege en tien is in aanmerking geneem. Daar is gestreef na die optimale integrasie van leeruitkomste, inhoude en aktiwiteite, en skakeling is nie beperk tot taalonderrig nie, maar gaan wyer, oor leerareas heen.Die behandeling van elke teks word as 'n leseenheid aangebied. Leerders kry die geleentheid vir individuele response, deelname aan groepgesprekke of werk in pare. Elke verhaal word ook grondig deur 'n reeks vrae vir klasbespreking verken wat tot 'n behoorlike begrip van die teks en insig daarin lei. Daarna kry die leerder die kans om 'n eie kritiese reaksie te gee en aspekte van die teks te evalueer. Opvolgaktiwiteite neem baie verskillende vorme aan, soos die skryf van koerantberigte, definisies, aansoekbriewe en CV's, vriendskaplike briewe, simpatiebetuigings, doodsberigte, dagboekinskrywings en kreatiewe response. Aspekte soos redenering, stereotipering, die interpretasie van visuele tekste, waardes en maatskaplike probleme binne die leerders se leefwereld, navorsing (individueel en binne groepsverband) en groepprojekte kry aandag. Om die bundel bruikbaarder te maak vir 'n verskeidenheid leerders, ook die met Afrikaans as 'n addisionele taal, word uitgebreide toeligting en woordverklarings in voetnote verskaf. Waar enigsins moontlik word verskeie sinonieme by die woordverklarings gegee om leerders se woordeskat te help uitbrei.Daar word ook leiding gegee met die uitspraak van vreemde woorde en plekname. Onderwysers kan hier telkens met gemak die nodige aanpassing en seleksie doen om te voldoen aan die behoeftes van die betrokke klas. Kosmos is op die Nasionale Departement van Onderwys se lys vir Literatuur.

"synopsis" may belong to another edition of this title.

Other Popular Editions of the Same Title

9780624044376: Kosmos: Gids En Handleiding

Featured Edition

ISBN 10:  0624044378 ISBN 13:  9780624044376
Publisher: Tafelberg Publishers,South Africa, 2006
Softcover