Rang in Der Staten Rij - Softcover

Serfontein, Dot

 
9781869194543: Rang in Der Staten Rij

Synopsis

Dis 1899 en die begin van die Anglo-Boereoorlog. Vir Frank Ingram, sy beste vriend Michal Ras en die se verloofde Kath Rouwenhorst begin dit in Oktober tydens 'n swierige verjaardagparty in die Boland. Vir Frank, 'n student in die teologie wat sy studies staak om te gaan veg, is dit ook die begin van 'n innerlike stryd wat hom afspeel rondom die absurditeite en ontnugtering van die oorlog. Later sal Frank homself afvra of die geweld van oorlog 'n sluimerende behoefte aan wreedheid in hom bevredig. En uiteindelik kom die vraag: Wat was die werklike uitwerking van die oorlog? Die titel van hierdie ontroerende roman kom uit die ou Vrystaatse volkslied waarvan die eerste strofe lui: Heft Burgers 't lied der vrijheid aan / En zingt ons eigen volksbestaan! / Van vreemde banden vrij, / Bekleedt ons klein gemenebest, // Op orde, wet en recht gevest, / Rang in der staten rij.

"synopsis" may belong to another edition of this title.

Other Popular Editions of the Same Title

9780798109178: Rang in der Staten Rij

Featured Edition

ISBN 10:  0798109173 ISBN 13:  9780798109178
Publisher: Human & Rousseau, 1979
Softcover